Die Voortrekkers

Kaapland

    Op Vorms  
 

Tuis
PD's
Verkenners
Volwassenes
Bemarking
Terreine
Oorde en Kommandos
Publikasies
Allerlei
Gebiedsdagbestuur
Kontak Ons

 

 
                                                                                   
DOEL VAN DIE KAMP

Die doel van die kamp is om die Veldvernuf spesiale onderskeidingskenteken vir Verkenners te verwerf.  Dit word gedoen deur formele sessies waar julle opgelei sal word in onder andere makkerhulp, kaartwerk, vermom en bekruip, wapenhantering, kommunikasie, waterherwinning, skuilingbou, handwerk, vure en leierskap.  Die kamp bereik sy hoogtepunt tydens Operasie Kaktusdoring, wat ‘n 24 uur skynoorlog in die randte rondom Wemmershoek is. 

 

AARD VAN DIE KAMP

Julle sal gedurende die kamp in twee taakmagte ingedeel wees en teen mekaar kompeteer.  Ander aktiwiteite word ingesluit soos: kampvuuritems, vlugbal, toutrek, hindernisbaan, tentinspeksies en algemene dissipline. Daar word ander interessante aktiwiteite deur kenners aangebied.  Die kamp sal bestuur word deur ‘n verkennerraad waar elke kamer deur sy kamerleier verteenwoordig word.

 

Die kampkoerant word daagliks uitgegee.  Julle bydraes tot die kampkoerant sal julle deurlopend op hoogte hou van al die gebeure tydens die kamp.  Radio Kaktusdoring gee elke aand die geleentheid om jou diepste gevoelens oor te dra.  Ervaar die goeie advies van Drakie Verdriet.

 

OPERASIE KAKTUSDORING

 

Wat is dit?

‘n Skyn oorlog tussen twee taakmagte wat plaasvind in die veld tydens die Donderdag nag van die Gr. 9 Provinsiekamp, wanneer die Verkenners 24 uur in die veld deurbring.  Die hoofdoel is om die opposisie se hoofkwartier op te spoor, binne te val en die vlag in besit te neem.

 

Waarom word dit gehou?

Gee aan die Verkenners die geleentheid om sommige van die vaardighede, bv. Kaartwerk, spoorsny, sterrekunde, skuilingbou, radio prosedure, vermom, bekruip en weerbaarheid, wat hulle aangeleer het te gebruik.

Leierskaps opleiding – nie net die generaals nie, maar ook bv. Met leiding neem in skuilingbou, kosmaak en groepspele.

Spanwerk is ‘n hoofsaak – dit kan nie daarsonder slaag nie.

Dit is ‘n voorvereiste van die Veldvernuf spesiale onderskeidingskenteken dat die Verkenner 24 uur in die veld moet deurbring en sinvol besig wees.

 

MOENIE SPYT WEES NIE.

KOM WEES DEEL VAN DIE -

  • MEES OPWINDENDE GELEENTHEID VAN JOU VERKENNER LOOPBAAN.  
  • LEKKER GROEP WAT DEUR KAKTUSDORING IS
  • VERKENNERS WAT SAAM PRAAT OOR ‘N OPWINDENDE ERVARING
 
 
   

Kopiereg © 2010 Die Voortrekkers: Kaapland