|
Die Voortrekkers Kaapland |
![]() |
|
|
|||
|
|
|||
|
|
Besoek die kamp se FACEBOOK bladsy
Wat doen ons op die kamp? Wes-Kaap Gr 10 Verkennerkamp 1 Aangebied onder die toesig van die Wes-Kaap Kampe Taakgroep Verkenners, hierdie is ‘n kamp wat julle nie kan misloop nie! Dit gaan jou help met die afronding as President Verkennner. Ouers, hierdie is ‘n kamp waar ons poog om, deur pret aktiwiteite, gesonde christelike en ekonomiese waardes by die kinders tuis te bring. Hulle word gelei in menseverhoudings, leierskap, spanwerk en lewensvaardighede. Tydens hierdie 6 dag lange kamp vat ons u hande as opvoedingsvennoot.
Die koste van die kamp word grotendeels opgemaak uit voedsel, verblyf en projekmateriaal en toerusting vir aanbiedinge sowel as die spanbou en leierskap aktiwiteite wat deur buite fasiliteerders aangebied word. Verder maak ons ook van borge gebruik om die kamp beskostigbaar te hou anders sou die kampgelde meer as verdubbel het. Die kampbegroting word opgestel om gelyk te breek met die inagneming van borgskappe.
Die doel van die kamp is om die jeug te wys hoe om ‘n Christelike lewe te lei (Kode 2) sowel as die jeug bewus te maak dat ‘n Voortrekker gesag aanvaar (Kode 3). Om die jeuglid te lei tot waardering van sy omgewing (Kode 5) en om die jeug te lei tot oplettendheid en geestelike en ekonomiese weerbaarheid (Kode 9), sowel as om ‘n goeie landsburger te wees en leiding te neem (Kode 7 & 8).
Die volgende aktiwiteite word op die kamp aangebied:
Persoonlike kommunikasie Hier gaan dit rondom gesprekvoering, onderhandelingsvaardighede, verbloemde kommunikasie en self kommunikasie.
Openbare kommunikasie Die jeuglid leer openbare rede voering, onderhoud voering, verskillende kommunikasie verskynsels, sowel as plakaatkommunikasie.
Media Kommunikasie Hier word die jeuglid geleer van massa media kommunikasie, individuele kommunikasie, opgestelde kommunikasie, vervaardigse kommunikasie apparate en kampkommunikasie.rgaderings prosedures
Vergaderings prosedures Ons leer die jeuglid hoe vergaderings werk deur die korrekte aanspreekvorms te gebruik. Hoe om ‘n mosies te formuleer, hoe stem prosedures werk. Die verskil tussen meerderheid en volstrekte meerderheid, amendement, die reël rondom spreekbeurte en die korrekte kennisgewings. Hoe werk notules, sake uit notule, Personalia. En dan word daar werklik deelgeneem aan kamp parlement.
Kommunikasie vaardigheid Hoe om ‘n spreker voor te stel, insluitende die aanbieding van ‘n CV. Hoe om ‘n spreker te bedank en hoe om algemene bedankings te doen. Hoe om berigte te skryf.
Mens Ontwikkeling Hoe om iemand te vra na ‘n funksie, hoe om so’n persoon te vergesel. Hoe om korrek op te tree aan tafel, optrede tydens ‘n optrede van ‘n spreker en ook die korrekte optrede teenoor ‘n gasvrou/gasheer.
Konflik Kennis dra dat konflik op verskeie maniere hanteer kan word. Bekend gestel word aan die basiese beginsel van konflik hantering sowel as stresshantering. Bewus gemaak word van die verskillende kultuur wyses waarop ‘n gemeenskap homself orden en nog baie meer.
Situasie leiding Aan twee geleenthede bloodgestel word om leiding te kan neem.
Beplanning Hoe om ‘n foto aan hand van tema te neem. Hoe om ‘n seremonie te beplan en reël, sowel as hoe om kreatief te dink.
Kamplewe Die opstel van ‘n kamp program, sowel as ‘n spyskaart en wat die koste implikasie is van sy/haar keuse. Leer wat is noodhulp toerusting en hoe om noodhulp tas te pak. Kennis dra van bewaring van voedsel in die veld sonder geriewe. Kennis dra van vernietiging en verwydering van afval. Maatreëls tref teen brand en brandstigting, waterbesoedeling, teen voedsel vergiftiging, ongelukke en kampbeveiliging. Ons leer die jeuglid om kos te maak op oop vuur sowel as om 3 geregte te maak sonder toerusting.
Spyseniering Hier leer ons die jeuglid om vertroud te wees met etiket rondom uitnodings, telefoon en selfoon maniere. Leer hoe om gaste aan mekaar voor te stel. Hoe ‘n gasvrou/gasheer optree teenoor hulle gaste. Tafel etiket en tafelmaniere en om te bedien. Kennis te dra van die verskillende eetgerei en watter glase vir watter wyn gebruik word. Ons leer hulle hoe om ‘n begroting op te stel vir ‘n formele onthaal, buffet ete, tiener partytjie, braaivleis, oggend tee. Hoe om hierdie uitnodigings uit te stuur. Hoe werk tafelrangskikkings.
Hindernis Die hoofdoel van hierdie sessie is om spanwerk te bevorder sowel as om leierskap te bevorder. Die groepe word deur ‘n aktiwiteitsbaan gestuur wat slegs met behulp van spanwerk, suksesvol voltooi kan word. Die kinders word sodoende blootgestel aan sy/haar afhanklikheid van ander persone en natuurlik doen ‘n bietjie fisiese oefening niemand skade nie.
Veldkaart Veldkaart is ‘n kaartwerk oefening waartydens die kinders onderrig word in die detail van kartering en die nuttige gebruik en toepassing van daardie kennis. Baie praktiese oefeninge word uitgevoer om die kinders gemaklik te laat voel rondom ‘n kaart. Hierdie aktiwiteit voldoen aan die Kaartwerk inhoud van die Kaart en Kompas spesialisasie kenteken en die kenteken word op die kamp aan die kinders oorhandig. Dit word gedoen vir die vaslegging van kaartwerk om die jeuglid te help in die nasionale eksamen.
Koershou Koershou volg op die veldkaart sessie en behels die in-oefening van vaardighede met ‘n kompas. Dit maak deel uit van die oorlewingsspeletjie. Hierdie aktiwiteit voldoen aan die inhoud van die Kaart en Kompas spesialisasie kenteken.
Heraldiek Elke jeuglid ontvang materiaal waarop hulle ‘n familie wapen kan maak nadat hulle geleer is oor heraldiek.
Die nutsman Hier word die jeuglid geleer hoe om ‘n muurprop, skakelaar en gloeilamp te vervang, sowel as hoe om ‘n verlengkoord te maak. Hoe om ‘n motorband en ’n battery te vervang. Om ‘n motor met springkabels aan die gang te kry. Om olie, ruitveers, lampies en smeltdrade te vervang by ‘n motor. Hulle word ook geleer hoe om ‘n waster van ‘n kraan, termostaat van warmwatersillinder te vervang. Om ‘n elmboog van ‘n wasbak skoon te maak, en nog meer. Geleer hoe om te soldeer en te sweis, ’n voorwerp teen ‘n muur vas te sit met behulp van ‘n boor en ‘n muuranker. Hoe om ‘n deur af te haal, te skaaf en weer terug te sit.
Christenskap Daar word voordurend gesprekke gevoer met die jeuglede oor keuses en hoe om dit te neem. Die verskil tussen waardes en Christelike Bybelse waardes. Hoe om jouself meer weerbaar te maak teen die aanslae van die lewe. Wat die gevolge is van jou keuse. Hoekom dit belangrik is om die korrekte morele besluite te neem, ens. So jy sien daar is nie ‘n manier hoe jy hierdie kamp kan misloop nie!
En vir u die ouer sal daar nie weer so ‘n geleentheid wees waar u u kind kan stuur om al die dinge te leer en afgerond te word en dit alles net vir so MIN GELD. SKRYF NOU IN DAAR IS NET BEPERKTE PLEK.
Graad 10 Voortrekker Groete CG Varley & Mede Offisiere PS: Indien enige verdere navrae kan u CG Varley kontak by 083 445 1165 of varley@synfin.co.za
|
||
|
|
|||
|
Kopiereg © 2010 Die Voortrekkers: Kaapland |