|
Die Voortrekkers Kaapland |
![]() |
|
|
|||
|
|
|||
|
|
OOS-KAAP VOORTREKKERSBESTE GR 9 MAATS
Die tyd vir ons jaarlikse Boknes kamp stap alweer vinnig nader. Soos gewoonlik begin daar n opgewondenheid in my borrel, en vanjaar is geen verskil nie. Maar liewe maats ek sal ongelukkig nie vanjaar hierdie kamp kan bywoon nie, agv n ander persoonlike opgewondenheid. My jare lange kollega en vriend neef Naude Bakkes neem die leisels en ek het volle vertroue in sy vermoe en leierskap.
STRANDVERNUF is een van die lekker kentekens om voor te werk tydens die kamp en dit help julle ook om voor te berei vir die Selfbehoudkamp in Graad 11.
In die kampbriewe word die basiese toerusting genoem wat julle moet saambring, maar daar is egter nog ‘n paar spesifieke dinge wat nodig is vir die Strandvernuf kamp. Ons slaap twee nagte in die duine en ons gaan potjiekos maak ens. Lees asseblief die onderstaande deeglik deur en begin betyds bymekaarmaak sodat jy voorbereid is vir die kamp.
· Entoesiasme/Gees – dit is die heel belangrikste, moet dit nie vergeet nie! · Riete – vir skuilings bou. Bring asseblief ten minste 4/5 stewige riete/bamboese van 2m elk saam. · Knipmes – Jy mag een bring, net nie ‘n groot jagmes nie! · Swartpotte – Julle gaan in spanne potjiekos maak – so bring asseblief een pot per kommando, maar 2 as julle meer as 5 van een kommando is. Bring ook julle eie speserye, sous, tafeldoek en versierings vir die tafel. Reel onder mekaar. Vleis en groente sal verskaf word deur die kombuis. · Skuilings – Bouplastiek (2m x 2m) vir die bou van die skuilings. · Tou – Genoeg vir die bou en oefen. Oefen julle touwerk! · Kleefband – Bree, sterk tipe vir die lekplekke. · Grondseil, rugsak, waterbottel, warm klere; reenjas, stapskoene, sonskerm, hoed en skryfbehoeftes.
#OUERS/MAATS - Maak seker al julle toerusting is gemerk!
Die van julle wat n musiek instrument bv kitaar, kan bespeel, is welkom om dit saam te bring en sodoende ons samesyn om die kampvuur meer gesellig te maak. Los maar die klaviere by die huis.
Julle gaan hard werk aan die kenteken, maar daar sal genoeg tyd wees vir ontspanning, kompetisie, speel en opwinding. Van opwinding gepraat, ek is reeds baie opgewonde oor ons kamp. En julle?
Ek sal sover moontlik uithelp met die inskrywings en beplanning. Vir enige verdere vrae is julle welkom om my te kontak op die volgende maniere: Sel no – 083 590 6350 Epos – christo_boshoff@telkomsa.net
Ons sien mekaar binnekort.
Vorie groete
Neef Christo Adj Kampleier/Projekleier Gr 9 |
||
|
|
|||
|
Kopiereg © 2010 Die Voortrekkers: Kaapland |