Die Voortrekkers

Kaapland

    Op  
 

Tuis
PD's
Verkenners
Volwassenes
Bemarking
Terreine
Oorde en Kommandos
Publikasies
Allerlei
Gebiedsdagbestuur
Kontak Ons

 

  Kliek op die naam van die vorm hieronder om af te laai

 

2011 BAAIDRAAI TEMA: AMAZING RACE!

 

 

Geagte Kommando-leiers/Adjunk Kommando-leiers,Offisiere en Heemraadslede

Soos julle alreeds van Charl verneem het, vind die jaarlikse Baaidraai hierdie jaar op  4 & 5 Februarie 2011 plaas.
Ons skop af by Sardinia baai parkeerterrein waar die Verkenners sal registreer voordat die aktiwiteite begin.
Die tema vir hierdie jaar se Baaidraai is "Amazing Race".

Ons wil graag vra vir vrywilligers onder offisiere, heemraadslede en ouers om as bestuurders te dien vir die duur van die resies.
Daar word streng reels neergele vir bestuurders van motors en daarom word die tyd wat bestee word om van een punt na 'n volgende punt te reis nie ingereken nie.
Dis deels ook om ouers en offisiere gerus te stel dat ons hierdie versoek maak.

Inskrywingsvorms en gelde moet asseblief deur Kommandoleiers ingeneem word. Indien u nie beheer kan neem van inskrywings-briefies en gelde nie, wil ek graag vra dat u ons in kennis stel wie die Kommando se afgevaardigde is. Dis vir ons baie belangrik om te weet met wie om te skakel om te voorkom dat daar misverstande ontstaan. Lede van die Setlaar Staatmakers sal ook inskryfvorms kom uitdeel wanneer Kommando's bymekaar kom.

Let asseblief op dat as 'n Verkenner se geld betaal is en hy/sy op die afsnydatum by ons ingeskryf is, sal ons nie die geld aan die Verkenner sal terugbesorg indien hy/sy besluit om te onttrek nie. Dit sal dan die verantwoordelikheid van die Kommandoleier of afgevaardigde wees om te sorg dat ons wel daardie fooie ontvang - ons het in die verlede te veel skade gely wanneer kinders op die laaste dag onttrek en die kommando's hul geld teruggegee het terwyl ons alreeds vir daardie kind aankope gemaak het.

Op die punt van afsnydatums, ons doen soos gewoonlik 'n beroep om seker te maak dat daar by afsnydatums gehou word. Weereens het ons al baie skade gely wanneer selfs offisiere laat versoek het om ons aktiwiteite by te woon en dan net nie opgedaag het nie.

Enige navrae kan aan my gerig word, per e-pos op setlaarstaatmakers@gmail.com of as ouers persoonlik met my wil gesels kan ek geskakel word op 0835821751.

--
Statiegroete,

Janine Schoeman
Setlaar Staatmakers Groepleier

 

 
 
   

Kopiereg © 2010 Die Voortrekkers: Kaapland