|
|
![]() Die Voortrekkers Kaapland |
|
|
|||||
|
|
Welkom by Die Voortrekkers: Kaapland se amptelike webtuiste
BAIE GELUK AAN AL ONS HOOFLEIERSWAGTE EN PRESIDENTVERKENNERS ONS IS VOORWAAR BAIE TROTS OP JULLE!!!!
Vrugtefees in George
Dis min kere dat kinders van allerande ouderdomme vrugte soveel kan geniet soos die Voortrekkers gedoen het laas week. 'n Vrugtefees is gehou by die Botaniese tuine. Die kinders is in spanne ingedeel en het teen mekaar kompetisie gehou, maar teen die einde van die aand was almal wenners van groot pret en samesyn. Met hande agter hul rug het elke kind 'n skyf waatlemoen ge eet, 'n appel uit water met hul tande getrek, en met dieselfde nat gesiggie 'n druif uit meel gehaal. Die gesiggies was onherkenbaar van die wit meel gemeng met water en vrugtestroop, maar die kinders het hulleself verskriklik geniet en sal dit enige tyd weer doen. Selfs die ouer gardes is gemeel en het dit so grasieus ontvang soos net 'n Voortrekker offisier kan. Byeenkomste is Donderdae aande 17:15 tot 18:30. Vir enige navra kontak Gerda Stols (bemarker) by 0837728252 of Danie Swanepoel (leier) by 0827847551
Sover moontlik sal alle inligting rondom Voortrekker bedrywighede in Die Voortrekkers Kaapland op die blad gepubliseer word. Enige probleme, raad of voorstelle kan gekommunikeer word aan Wilhelm Herbst.
|
||||
|
|
|||||
|
Navrae en/of Kommentaar: wherbst@mussels.co.za - Kopiereg Die Voortrekkers Kaapland |